Monday 8 December 2014

Platoniese vriendskappe

Die vraag wat dikwels gevra word, kan daar ‘n bloot platoniese vrienskap tussen ‘n man en vrou bestaan?
 
Sommige sal van opinie verskil, maar uit ondervinding weet ek dat ‘n suiwer platoniese vriendskap tussen mans en vroue wel moontlik is. Hulle werk en sosialiseer saam, maar kan tog uit mekaar se bed bly. Openhartige, ware platoniese vriendskappe bestaan wel. Om te kan praat van ‘n platoniese vriendskap moes jy dit al ervaar het of een het, anders sal jy altyd van ander mening wees. Nie alle verhoudings met vriende/vriendinne is bedoel om romanties of seksueel geortienteerd te wees nie.
 As mens, is ons is as verhoudingswesens geskep en deur ons lewens het ons verskeie verhoudings, elkeen met sy eie aard. Daar is familie, kollegas, ’n huweliksmaat, vriende, vriendinne en kennisse. Elkeen in jou lewe vir ‘n spesifieke doel. Jy het ‘n kollega met wie jy sekere hoogte- en laagte punte deel, dan is daar die ‘n vriend/vriendin met wie jy oor godsdiens/politiek/seks/algemene nuus ens kan praat. Julle argumenteer maar word nie kwaad nie, daar is geen afguns en eerlikheid is die grondslag van die vriendskap. Belangrik om te onthou, vriende help mekaar om te groei maak dus altyd seker dat jou platoniese vriendskap hierdie aspek vervul.
Die uitkyk op vriendskap vanaf ‘n man / vrou se perspektief kan baie verskillend kan wees. ‘n Platoniese verhouding tussen twee mense van die teenoorgestelde geslag is wel moontlik. Kies vriendskappe met uiterste sorg & hou die romanse slegs vir dié een aan wie jou hart behoort.
Met alles hierbo gese, nie alle vriendskappe is platonies nie, wees bedag en baie versigitig vir die gevaar tekens. Hier is ‘n paar reëls van die webwerf Woes - (http://www.woes.co.za)
§  Al voel jy ‘n wedersydse aantrekkingskrag, beteken dit nie dis is OK om daarop te reageer nie.
§  Verstaan die grense & hou daarby.
§  Moet nie die skinderbekke ‘n rede gee om te wonder nie.
§  Bly uit situasies wat intimiteit kan laat opvlam.
§  Wees op die uitkyk vir gevoelens van jaloesie.
§  Wees openhartig teenoor jou éie maat oor die aard van hierdie vriendskap.
§  Gebruik die geleentheid om by jou vriend/vriendin te leer.
Die sleutel tot enige vriendskap is ’n gesonde waardestelsel. Vriende vorm en slyp mekaar. As jy ‘n platoniese vriendskap het, koester dit, in vandag se lewe is dit iets baie raars. Moenie iets onverwoordelike of irrasioneel doen om dit te bederf nie.
 

No comments:

Post a Comment